Language

Urticariaday2021 - Who cares? ucare!

Wat is UDAY?

Urticaria-dag (UDAY) is ‘n dag waarop urtikaria-pasiënte die fokuspunt is. Dis die sewende jaar dat ons UDAY vier met die geleentheid om bewustheid van urtikaria by pasiënte, hul gesinne, dokters, beleidmakers, die pers en die res van die wêreld te verhoog.

So, staan saam op 1 Oktober 2021 en organiseer ‘n plaaslikke UDAY byeenkoms!

Die fokus vanjaar is op digitale UDAY-inisiatiewe. Elke bydrag tel, of dit nou 'n virtuele kongres, opvoedkundige webinar, digitale kunsprojek, sosiale media-veldtog of ‘n urticaria-app is.

Ons kan natuurlik ook meer as net dit doen. Dis die ideale tyd en manier om 'n plaaslike ondersteuningsgroep te begin. Help om die nuus oor UDAY aan vriende, familie en ander wat aan urticaria ly te versprei!

Wees kreatief en deel UDAY met mekaar en met ander! Onthou om die gekiesde byeenkoms op die amptelike UDAY-webwerf te plaas en daardeur die plaaslikke UDAY 'n sukses te maak.

Urticaria-dag 2021 word ondersteun deur die urticaria-netwerk e.V. (UNEV), die UCARE-netwerk en vele organisasies wêreldwyd met die missie om die lewens van urtikaria-pasiënte te verbeter.

info